| wedstrijden

22-06-08

Junie 2008

  Vakansie!

Madelaine en ek het die voorreg gehad om na ongeveer ses maande se toewyding aan die stigting van ‘n gemeente in Sint-Truiden ‘n bietjie tot rus te kom. My suster Babsie en haar man Jannie het vanuit Suid-Afrika vir ons kom kuier. Ons het almal saam met my ander suster, Salomè, wat op die oomblik in Nederland werksaam is, en haar man Jacques vanuit Sacramento, vir twee weke gaan vakansie hou in die Italiaanse en Switserse Alpe.

Vakansie Juni 2008 001k

Ons eerste vyf dae was ons tuis in `n dorpie Alba di Canazei wat geleë is in `n vallei van die dolomietise Alpe in die noorde van Italië. Dit is `n pragtige dorpie wat dien as ski-oord gedurende die winter maande. Gelukkig het ons nie vooraf geweet dat ons oor `n baie hoë pas moes ry om daar te kom nie. Dit is ‘n smal paadjie wat kronkel teen die rand van die berg. Alhoewel die rit soms skrikwekkend was, was die pragtige uitsig oor die berge en valleie die moeite werd gewees.

Vakansie Juni 2008 035k

Vanaf Alba di Canazei het ons suidwaarts vertrek na Venisië. Ons het `n dag spandeer om die romantiese stad-op-water te voet deur al die smal stegies te deurkruis. `n Rit op `n ‘gondola' het die besoek pragtig afgerond.

Vakansie Juni 2008 142k

Vanaf Venisië het ons noordoos vertrek rigting Switserland. Weereens het ons twee geweldige bergpasse oorkruis tot in ‘n klein dorpie bo in die berge genaamd Champoussin, ten suide van Geneve. Die mooi groen omgewing met sy pragtige sneeu bedekte bergtoppe laat my dink aan die teken film van Heidi. Dit is werklik prentjie mooi.

Vakansie Juni 2008 192k

Vakansie Juni 2008 211k

Ons was veronderstel om `n week in Champoussin te wees, maar na drie dae se koue weer, reën en sneeu op die bergspitse  het ons besluit om huiswaarts te keer.

Vakansie Juni 2008 235k

Dit was vir ons `n verkwikkende tyd gewees saam met familie in die pragtige natuur van Europa. Die Here is vir ons goed en ons sal sy weldade teenoor ons nooit vergeet nie.

 

18:03 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

29-05-08

Mei 2008

 Die Here sorg vir sy kinders

Met die egpaar en hul dogter vanuit Iran gaan dit baie goed. Die Heilige Gees het op 'n kragte manier in hulle lewens begin werk toe hulle ongeveer 'n jaar gelede hulle harte aan die Here gegee het. Verlede jaar Desember 2007 het ons hulle gedoop in hulle badkamer. Dit was vir ons almal 'n heel besondere ervaring gewees.

Mohsen & Familie 001 k

Ondertussen groei hulle kennis aangaande Jesus Christus teen 'n ongekende tempo. Hulle het 'n onversadigde honger na die Woord. Volgens ons waarneming het hulle geestelike groei baie christene verby gesteek wat al jare met die Here wandel. Mohsen het ondertussen 'n boek begin skryf oor sy ervaring van sy nuutgevonde geloof in Christus. Die doel van die boek sal wees om ander nie-gelowiges te oortuig dat Jesus Christus die Weg, die Waarheid en die Lewe is.

Bid saam met ons dat Mohsen 'n weg sal vind om sy boek te publiseer.

16:53 Gepost door Christianity in Algemeen | Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

Mei 2008

Algemene Nuus 

Hier gaan dit nog goed. Die afgelope week was een van die laaste ‘groot' aktiwiteite vir ons gewees voor die Europese somer vakansie wat eind Junie begin. Dit was die twaalfde Prepare International (PI) skool wat ons aangebied het. Soos gewoonlik was dit baie geseënd en opbouend gewees. Nou wag ons vir my suster en haar man vanuit Suid-Afrika, Babsie en Jannie , wat volgende Maandag die 2de Junie hier sal land. Hulle sal hier by ons wees tot en met die 25ste Junie. Ons sien met vreugde uit na hulle besoek want dit sal vir ons `n welkome verandering wees.

PI School March 2008 007 k

Die afgelope kursus van Prepare International was baie geseënd gewees. Die tema was "Kerkstigting". Aanvanklik het sommige studente gedink dat dit nie so interessant en geseënd sal wees soos byvoorbeeld "Krag van die Heilige Gees" of  "`n Bediening van Krag", ens. Aan die einde van die kursus was byna almal gemotiveerd gewees om iewers in België `n gemeente te gaan stig. Ons vertrou dat die inspirasie blywend sal wees en dat ons nog baie vrug sal sien vanuit die spesifieke kursus. België het dringend baie gemeentes nodig. Maar ons besef dat meer gemeentes alleen tot stand kan kom deur toegeruste en gemotiveerde leiers. Dit is die doel van Prepare International, om potensiële kerkleiers toe te rus vir hul roeping en taak.

Met die nuwe gemeente in Sint-Truiden gaan dit  op die oomblik nie soos ons graag wil hê dit moet gaan nie. Maar ons is nie bekommerd nie. In die begin het meer mense die dienste bygewoon as wat die aanvanklike verwagting was. Soms was daar tot dertig mense teenwoordig. Sommige het gekom uit nuuskierigheid. Andere het gekom omdat hulle graag deel wil uitmaak van iets nuuts, en andere vir persoonlike redes. Oor `n periode van vyf maande het die gemeente `n skiftings proses deur gegaan. Sommige kon hul voete in die nuwe gemeente nie vind nie en het weer vertrek. Andere het gehou van wat hulle gesien het en gebly. Op die oomblik is daar gemiddeld agtien mense teenwoordig per samekoms. Ons verwag dat daar moontlik nog mense in die nabye toekoms sal weggaan. Persoonlik glo ek dat ons binnekort `n vaste kern van ongeveer vyftien mense sal wees. Ons doel sal wees om met die vyftien mense die pad te stap wat die Here vir die gemeente bepaal het. Met die hulp van die Heilige Gees wil ons graag die mense toerus tot  kragtige diensbaarheid in die gemeente. Uit ondervinding weet ons dat dit beter is vir die gemeente om `n vaste basis te vorm met `n relatiewe klein groepie mense. Dan kan die klein groepie mense weer kragtig uitreik na `n groter groep. En sodoende word evangelisasie deel van elkeen se lewe en ook meer effektief. Ons is hoopvol op die toekoms want die Here bou sy Kerk!

Ons is ook vol hoop vir dit waartoe die Here ons geroep het. Ons het baie kreatiewe gedagtes wat in ons harte leef aangaande die gemeente in Sint-Truiden sowel as vir Prepare International. Ons weet dat beide instansies kragtige instrumente is wat die Here kan gebruik om sy Koninkryk te bou. Dit is alleen `n kwessie om voortdurend te onderskei wat Sy wil is, en vir ons om toe te laat dat Sy wil sal geskied deur ons heen.

Ons sal binnekort ernstig begin soek na `n huis of woonstel in Sint-Truiden. Bid en vertrou saam met ons sodat ons die regte woning sal vind vir `n bekostigbare huurprys.

16:24 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

28-04-08

April 2008

 PI Gebedspan besoek België

Vir die afgelope vier jaar ontvang ons elke jaar ‘n gebedspan vanuit Amerika wat vir `n week saam met ons hier in België kom bid. Die spanne word gestuur deur Prepare International (PI) en elke lid van die span is verantwoordelik vir sy of haar eie onkostes. Dit is mense wat `n passie het vir God se Koninkryk hier in Europa.

Vanaf die 21ste tot die 28ste April het ons weereens besoek gehad van so ‘n gebedspan. Harvey Boyd, vader van die direkteur van PI, Randy Boyd, was hier gewees saam met sy vrou Catherine en twee vriende, Kevin en Wesley. Saam met hulle het ek (Conley) en Madelaine ses stede in België besoek met die doel om vir die stede en die inwoners van die stede te bid. Die tema vir die week was geloof. Ons het in die stede gaan bid en die Here gevra om geloof in die harte van die mense op te wek sodat hulle die evangelie van Jesus Christus sal glo wanneer hulle dit hoor.

PI Prayer Team 2008 010 k

Ons het ook vir die siekes gebid. Woensdag aan die 23ste het ons `n genesingsdiens gereël in Sint-Truiden. Nege en sewentig mense het opgedaag en daar is vir byna elkeen gebid vir een of ander siekte. Baie mense het te kampe met kanker en die meerderheid sit met een of ander vrees of angs. Ons het ervaar dat die Here baie mense aangeraak het en ook genees het. Op die oomblik wag ons op bevestiging van genesing en ook getuienisse.

PI Prayer Team 2008 030 k

Sondag oggend die 27ste het ons ook `n genesingsdiens in Aarschot gehad. Sestig mense het opgedaag en daar is ook vir ongeveer veertig mense gebid. Ons glo en vertrou dat die Here daar ook baie mense aangeraak het.

PI Prayer Team 2008 029 k

14:07 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

19-04-08

April 2008

  Antwoord op gebed?

Soos ek in die vorige berig gemeld het is Dina op Dinsdag 8 April gedoop. Dit is ook al lank wat ons vir haar man (Jan) bid om tot bekering te kom. Sy het ondertussen Jan begin vertel van die positiewe verandering wat sy ervaar het vandat sy haar hart aan die Here gegee het. Sy het hom ook probeer oortuig dat dit waarmee hy besig is (okkultisme) nie die waarheid is nie, maar wel `n leun vanuit die duisternis. Verlede Dinsdag, 15 April, het Jan by ons selgroep byeenkoms opgedaag.

Jan is nog betrokke in die okkultisme as ‘n sogenaamde alternatiewe geneesheer. Hy ‘bid' vir mense wat siek is d.m.v. handoplegging in ‘n naam of `n god wat hulle verkies. Dit kan in die naam wees van Maria, Buhda, of geen naam. Blykbaar ervaar baie van die mense ‘genesing'. Ook moet hulle 40 euro betaal vir `n besoek.

Tydens die selgroep samekoms het Jan baie vrae gestel. Ons het agtergekom dat dit waarmee hy besig is nie `n saak van opset is nie, maar hy doen dit in sy soeke na die Waarheid. Hy weet nie van beter nie. In sy gees weet en besef hy dat daar `n skepper is maar hy weet nie wie dit is nie. [Handelinge 17:27  God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie,] Soos dit die geval is met meeste mense hier in België, is hy teleurgestel in die christelike kerk soos dit aangebied word deur die Rooms Katolieke kerk, en daarom wil hy niks te doen hê met die christelike godsdiens.

Ons vertrou die Here vir wysheid, insig, en bo dit alles, baie liefde om Jan se siel te wen vir die Koninkryk. Ons glo dat sy soek opreg is maar in die verkeerde rigting. Bid en vertrou saam met ons vir die redding van Jan se kosbare siel.

13:43 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

09-04-08

 

  Dina word gedoop

Miskien onthou julle nog die verhaal van Dina. Sy het vanaf verlede jaar September die selgroep by Diane se huis begin bywoon. Sy was betrokke gewees in sogenaamde ‘alternatiewe godsdienste', of beter geken as okkultisme. Van die begin af het sy baie vrae gevra soos; Wie is God?  Hoe lyk God? Hoe kan God drie wees? Waarom moet ons die Bybel lees? Wat is geloof? Ens. Stadig maar seker het ons saam die antwoorde vanuit die Bybel aan haar voorgehou, en het sy dit ook begin glo en aanvaar.

Begin van die jaar het sy spontaan haar hart aan die Here gegee en het die Heilige Gees op `n besondere manier in haar lewe begin werk. Die Gees het haar bewus gemaak van dinge waarvoor sy ander mense nog nie vergewe het nie. Ons het haar beraad en saam met haar gebid en d.m.v. belydenis het die Here haar vry gemaak van `n swaar las van verbitterdheid.

Verlede Dinsdag, 2 April, het sy weereens spontaan gesê dat sy graag gedoop wil word. Ons het weereens die doop aan haar duidelik gemaak en sy het saam gestem dat dit verseker die regte stap is vir haar lewe, en dat sy dit wil doen. So het ons haar toe op Dinsdag die 8ste April gedoop. Die doop het plaasgevind in die badkamer van Diane se huis. Dit was vir ons almal `n baie spesiale oomblik gewees.

Sint-Truiden 003 k

Na afloop van die doop het Madelaine `n Bybel aan Dina oorhandig as `n geskenk.

Sint-Truiden 006

17:56 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

05-04-08

April 2008

Evangelisasie in Sint-Truiden

Saterdag 5 April het 'n span van ses mense die koue en nat weer aangedurf op die markplein van Sint-Truiden. Die doel was om d.m.v. pampflette wat ons aan die mense uit gedeel het, die Evangelie van Jesus Christus bekend te maak en hulle ook uit te nooi na ons samekomste elk Saterdag aand.

Soos ek al reeds genoem het, het die weer nie saam gewerk om van die dag 'n 'sukses' te maak nie. Dit was 7*C, koud, nat en winderig. Nogtans het ons deur gegaan met die aksie vir ongeveer een en 'n half uur, en toe daarmee gestop omrede die mense nie juis veel aandag aan ons kon skenk nie a.g.v. die gure weer. Ons sal die aksie voortsit in die nabye toekoms, hopelik onder beter omstandighede.

Onderstaande is die span wat deelgeneem het in die aksie.

Sint-Truiden 002 K

13:55 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

30-03-08

Maart 2008

 Algemene Nuus

Ons is die Here dankbaar vir sy seën en sorg oor ons lewens. Ons verkeer in goeie gesondheid, en danksy die Heilige Gees het ons die vermoë om die Goeie Nuus met oortuiging aan die mense van België te verkondig. Ons vertrou dat dit ook julle ervaring is.

Met die gemeente (NLCG) in Aarschot gaan dit nog goed. Madelaine en ek is nog steeds besig om stelselmatig al die verantwoordelikhede van die gemeente te oorhandig aan Daniël en Martine. Einde van die maand (Maart) sal al die administratiewe take aan hulle oorhandig word. Al wat dan vir ons oorbly is om te help met leiding en lering tydens die Sondag samekomste en bidure. Die hulp aan hulle sal voortduur tot September 2008 wanneer ons onsself dan volledig sal losmaak van NLCG (Nieuw Leven Christen Gemeente).

Ons is dankbaar om te sien hoe Daniël en Martine gegroei het in hulle verantwoordelikheid as leiers van die gemeente. Soms ervaar hulle moeilike momente in hul eie lewens as gevolg van die verantwoordelikheid, maar telkens leer hulle uit die moeilike situasies uit en word hulle beter daarvan. Ons is vol vertroue in hulle toegewydheid aan die gemeente.

Met die gemeente in Sint-Truiden gaan dit ook goed. Soos met enige nuwe gemeente is dit `n uitdaging om al die verskillende karakters en persoonlikhede te akkommodeer. Dit sal seker nog tyd neem om almal beter te leer ken en elkeen sy plek te gun in die gemeente. Ook is dit `n uitdaging om die gawes te identifiseer in die mense daarvolgens aan te wend tot diensbaarheid in die gemeente.

Ons vertrou om voor September 2008 leiers in die Sint-Truiden gemeente te identifiseer wat ons kan help met die bestuur van die gemeente. Eers as daar `n amptelike bestuur is kan ons die gemeente registreer by die Verbond van Vlaamse Pinksterkerke (VVP) om sodoende ook amptelik erkenning te kry by die regering, anders word ons beskou as `n sekte. Ons hoop dat dit voor September 2008 sal gebeur.

Ondertussen het die persoon (David) wat ons gehelp met die musiek en sang ons verlaat. Sy hulp was net tydelik want hy is verbonde aan `n gemeente in Maastricht. Nou is dit my (Conley) verantwoordelikheid om die mense te lei in lofprys en aanbidding d.m.v. CD's. Verseker is dit nie `n gawe van my nie maar ondertussen moet die wa deur die drif getrek word. Ons vertrou dat die Here binnekort iemand sal stuur om ons in die opsig te help.

Komende Saterdag (5 April) het ons `n evangelisasie aksie op die mark plein in die sentrum van Sint-Truiden. Ons het `n duisend pamflette laat druk wat ons persoonlik aan die mense gaan uitdeel.  Die doel van die pamflette is om die gemeente bekend te stel aan die inwoners, en ook in kort te vertel wie Jesus is. Ons vertrou die seën van die Here op die aksie.

In die nabye toekoms sal ons `n besluit moet maak om moontlik na Sint-Truiden te verhuis. Op die oomblik ry ons drie tot vier keer per week 140 km heen en terug na Sint-Truiden. Met die huidige brandstof pryse (±R15.00/lit) word dit byna onbetaalbaar. Ons vertrou die Here vir leiding aangaande die saak.

Wat Prepare International (PI) aanbetref is ons baie opgewonde oor die toekoms. Dertig studente sal in Januarie 2009 die eerste kursus van 15 modules voltooi. Alreeds vra die studente of PI nie meer gespesialiseerde kursusse wil aanbied vir die wat afgestudeer het nie. Ons is besig om die saak te oorweeg en is in gesprek met die direksie van PI om sien wat hulle ons kan bied. Ons vertrou dat die saak nog kragtig sal groei tot ondersteuning van die kerk in België.

Soms vergeet ek om dit te noem. Madelaine bied ook `n korrespondensie kursus aan vir die nuwe bekeerlinge in die gemeente. `n Aantal het al die kursus van 52 lesse suksesvol voltooi oor `n tydperk van ongeveer `n jaar. Na afloop van die kursus ontvang die student ook `n sertifikaat as erkenning. Op die oomblik het sy nog twee studente. Ons vertrou dat die aantal binnekort sal toeneem a.g.v. die nuwe gemeente in Sint-Truiden en ander evangelisasie aksies wat ons onderneem het.

Ons waardeer julle getroue ondersteuning aan die bediening wat die Here ons toebedeel het. Mag ons almal saam die vrug hiervan geniet.

16:23 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

24-02-08

Februaie 2008

  Die Gemeente in Sint-Truiden

Ons is baie dankbaar teenoor die Here vir wat hy besig is om te doen in die nuwe gemeente van Sint-Truiden. Tydens die samekomste van die afgelope maand was daar elke keer meer as twintig mense teenwoordig. Saterdagaand (23 Februarie) was 29 mense teenwoordig, kinders ingesluit.

Sint Truiden 013k
Die gemeente is besig om ‘n vaste kern te vorm wat besig om mekaar beter te leer ken. Ook is daar ‘n spontaniteit by die mense om ongevraag seker take en verantwoordelikhede te neem. Soos byvoorbeeld om na die kinders om te sien tydens die diens, om koffie te reël en te bedien na die diens, ens.

Die lofprysing en aanbidding is veral `n tyd wat ons almal baie geniet. David, afkomstig van Peru, begelei ons met sy ghitaar en het self `n pragtige en sterk stem.

Sint Truiden 011k

Tydens die diens van Saterdagaand het vier mense hulle harte aan die Here gegee. Dit was vir ons almal `n fantasties belewenis gewees. Nou sien ons daarna uit om die mense verder toe te rus met die Woord.

Ook is ons selgroep by Diane se huis in Sint-Truiden besig om te groei. Op die oomblik is ons nege mense wat elke Dinsdag daar saamkom.

16:57 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

29-01-08

Januarie 2008

Nuwe Gemeente in Sint-Truiden

Soos ek al reeds genoem het, het ons na al die maande se voorbereiding, gebed, vergaderings, en die ‘groot’ aankondiging en bekendmaking van die vorige Sondag, ten einde laaste op Saterdagaand die 26ste Januarie ons eerste samekoms in Sint-Truiden gehad as gemeente. Die vorige Sondag die 20ste was dit die amptelike aankondiging gewees dat ons sou begin met ‘n gemeente. Maar Saterdag het ons ons eerste diens gehad. Drie en twintig mense was teenwoordig gewees. Wat die Vlaamse geskiedenis van gemeentestigting aanbetref is die teenwoordigheid van drie en twintig mense by die eerste samekoms van ‘n nuwe gemeente nogal iets besonders.  Die ‘sukses’ van ons eerste samekoms as gemeente word in die eerste plek toegeskryf aan die feit dat ons weet dat dit binne die wil en plan van die Here plaasgevind het. Die Here het die visie gegee, ons moes dit alleen in gehoorsaamheid volg en tot uitvoering bring. Vir die rede, en nog baie andere, glo ons dat die seën van die Here op die nuutgevonde gemeente rus.   

Vier van die mense wat in die diens teenwoordig was ken die Here nie. Twee van die vier is vroue wat `n lesbiese verhouding het. Ek glo dat dit vir ons `n groot uitdaging is om die vroue aan die ware liefde van God bekend te stel. Die liefde wat veronderstel is om deur ons heen te werk. Die stad Sint-Truiden is bekend vir prostitusie. Daar is een spesifieke straat waar die vroue hulle self in vensters uitstal. `n Hartseer gesig. Seker die ergste graad van slawerny. Ons beskou dit ook as `n uitdaging om die siele te bereik.

Omrede ons op die stadium geen gebou kan huur van die Roomskatolieke kerk, moes ons 'n saal huur van 'n sogenaamde onafhanklike katolieke kerk vir die volgende paar weke. Dit kos ons baie geld maar ons vertrou die Here dat ons binnekort 'n langtermyn oplossing sal vind vir 'n samekoms plek. Vannaand (Maandag) het ons weer 'n vergadering met die stadsbestuur van Sint-Truiden. Die mense het 'n oop gesindheid en wil ons graag help.

 Om struktuur te gee aan die nuwe gemeente sal seker een van die belangrikste prioriteite wees. Daar moet mense gevind word met sekere gawes en talente om verantwoordelikheid te neem oor `n toekomstige sondagskool, jeug aktiwiteite, finansies, sang en musiek, selgroepe, ens. Ons vertrou die Here vir wysheid en insig om die regte mense vir die regte taak te identifiseer. 

Ons is baie bly oor die aanbod wat `n baie talentvolle musikant vanuit Maastricht, Nederland, aan ons gemaak het. David is bereid om ons vir die volgende ses maande met sy ghitaar te begelei in lofprysing en aanbidding. Hy het ook `n pragtige stem en het die gawe om mense spontaan te lei in lofprysing en aanbidding. Dit gee ons ondertussen die tyd om plaaslike talente te ontdek. Ons is die Here dankbaar vir `n paar belangrike dinge wat spontaan in plek val.

Vertrou saam met ons dat die nuwe gemeente `n kragtige instrument in die hand van die Here sal wees tot vrymaking van die mense van Sint-Truiden wat slawe geword het van duisternis. 

Ondertussen is ons ook nog ter ondersteuning van Daniel & Martine verbonde aan die gemeente in Aarschot tot die Here ons die opdrag gee om ons los te maak.

12:17 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

28-01-08

Januarie 2008

  Prepare International

Tydens die naweek van 18 en 19 Januarie het ons weereens ‘n baie suksesvolle en geseënde Prepare International skool gehad. Agtien nuwe studente het ingeskryf en het hulleself verbind om die kursus van drie jaar te voltooi in die PI skool in Lommel. Op die oomblik het ons 48 studente in die Lommel skool en 35 in die Gent skool.  

PI January 2008 036 k

Op die oomblik is daar `n baie groot aanvraag vir die tipe onderrig wat gegee word deur Prepare International. As ons genoeg mense gehad het wat onderrig kan gee, dan kan ons op die oomblik met nog tenminste twee skole begin in België. Op die oomblik is die gedagte om met nog `n skool te begin in Nederland. As die Here wil en alles werk ten goede, sal ons hopelik volgende jaar begin met die skool naby die stad Utrecht.

Die tipe lering wat deur PI aangebied word het baie studente tot `n dieper verhouding gebring met die Here. Dit is nie alleen `n verryking van die persoon nie. daar het ook `n groter ywer ontwikkel om die Evangelie te verkondig in België. Ons glo dat ons nog baie vrug sal sien.

16:18 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

23-01-08

Januarie 2008

  Nuwe Gemeente in Sint-Truiden

Ons het nogal 'n druk periode agter die rug, maar in 'n positiewe sin. Soos ek voorheen genoem het, het ons die 20ste Januarie ons amptelike aankondiging gehad dat ons gaan begin met 'n nuwe gemeente in Sint-Truiden. Die aanloop na die dag toe het baie insette geverg. Ons het in die stad gaan bid, vergaderings gehad met mense van die stad wat ons ondersteun, samesprekings gehad met mense uit die politiek wat ons wou help om 'n samekoms plek te vind, en ook 'n perskonferensie om ons voorneme aan te kondig.

Wat die perskonferensie aanbetref het dit in 'n sekere mate sensasie veroorsaak onder die inwoners van Sint-Truiden en omliggende dorpe. In twee koerante was dit voorblad nuus gewees. Die feite van die gesprek met die verslaggewers was reg gewees maar die opskrifte het sensasie veroorsaak. Die opskrifte het gelui; "Protestante neem Katolieke kerke oor." Die sensasie kom uit die feit dat die woord protestant, veral in Sint-Truiden, byna 'n vloekwoord is. Almal het in die katolieke kerk groot geword en vroeër het die priesters geweldig uitgevaar teenoor die protestantse geloof, en die mense het geglo dat die geloof van die hel was.

 

St.Jozef 007k

Aan die eenkant het dit tydelik die deure vir ons toegemaak om gebruik te maak van die katolieke kerkgeboue. Maar aan die anderkant het baie mense van die omgewing ons aankondigingsdiens bygewoon uit nuuskierigheid. Daar was ongeveer honderd mense teenwoordig gewees. Ons het 'n tipiese pinksterdiens gehad. Ons het lofprysing en aanbidding gehad onder begeleiding van 'n man uit Peru. Dit was fantasties gewees. Daarna het ek die aankondiging gedoen van ons voorneme om 'n gemeente tot stand te bring, en daarna het Randy Boyd van Prepare International 'n kort maar kragtige boodskap gegee.

Ons glo dat baie mense aangespreek was deur die Heilige Gees. Baie het agterna met ons gepraat en laat blyk dat hulle deel wil word van die nuwe gemeente. Dit wil voorkom dat ons alreeds ten minste twintig voornemende lidmate het. Vir België is dit nogal iets besonder om 'n gemeente te kan begin met twintig lidmate. Maar ons is die Here dankbaar vir sy seën oor al die gebeure van die afgelope maande. En ons glo en vertrou dat iets mooi vanuit die gemeente sal groei.

Weereens dankie vir al die ondersteuning wat ons kry van julle kant af. Sonder julle sou dit vir ons baie moeilik, miskien onmoontlik gewees het om dit te doen waartoe die Here ons gelei het. Ons het geen twyfel in ons harte dat dit wat besig is om te gebeur die wil van God is. Ter selfde tyd besef ons ook dat die oorwinning nie behaal word sonder stryd nie, maar gelukkig weet ons alreeds wat die uitslag is.

21:42 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

13-12-07

Desember

Kersmark in Keulen

Woensdag die 12de Desember was Madelaine en ek vir ‘n dag uitstappie na Keulen in Duitsland gewees. Ons het die oggend vroeg vertrek saam met ‘n toergroep op 'n bus, en die aand weer terug gekeer. Keuln is ongeveer twee ure se ry van ons af.

Keuln 010 k

Toe ons in Keulen aankom was dit ongeveer 3*C en bewolk. Maar die warm atmosfeer van al die liggies en mense in die stad het ons gou laat vergeet van die koue. Ons het  vier van die vyf kersmarkte in die stad besoek. Daar word allerlei dinge verkoop soos veral hand en fabriek gemaakte kersversierings, tuisgemaakte koekies, pannekoeke, wafels, ‘bratwurst', gluwine, ens.

Keuln 013 k

 

11:14 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

28-11-07

November

  Vervolg van Diane en Dina

Ons was die afgelope Dinsdag aand (27 November) weer by Diane se huis gewees vir ‘n selgroep byeenkoms. Dina was ook teenwoordig en vol entoesiasme om meer te leer oor haar nuutgevonde geloof in Jesus.

Ons gebruik die Alpha kursus as instrument om ongelowige mense na Christus toe te lei. Die kursus behandel baie basisse dinge van die christelike geloof. Van die onderwerpe is byvoorbeeld; Waarom Christus?, Waarom die Bybel, Waarom het Jesus aan die kruis gesterf?, ens. Dit stimuleer die ongelowige en lok baie vrae uit.

Dina k

Dina is `n persoon wat alles wil weet en hoe alles inmekaar steek. Uit die aard van die saak vra sy baie vrae en kry ons die geleentheid om haar vrae te antwoord op grond van die waarhede vanuit die Woord. Sy is so honger na die Waarheid en neem letterlik elke woord in wat ons uitspreek.

Sy het gisteraand tot die oortuiging gekom dat Jesus Christus werklik die Weg, die Waarheid en die Lewe is. Wat haar oortuig het was nie alleen menslike oorreding nie maar verseker was dit die werking van die Heilige Gees. Sy sê dat sy die afgelope twee weke by haar huis ervaar het hoe die Gees in haar gewerk het tot oortuiging. Ook hoe sy die nabyheid, ontferming en liefde van God in haar ervaar het.

Na afloop van die kursus het ons aan haar gevra of sy deur haar eie oortuiging Jesus wil aanneem as haar redder en saligmaker. Sy het onmiddellik ja gesê. Ons het haar gevra om `n eenvoudige gebed te bid en onder andere te bely dat sy `n sondaar is en dat God haar moet vergewe. Toe sy die Here vra om haar sonde te vergewe het die trane gevloei. Dit was vir ons almal `n pragtige oomblik gewees.

Ons is oortuig dat haar oorgawe aan die Here uit die diepste van haar hart kom. Ons glo en vertrou dat sy 'n pad saam met ons sal stap sodat ons van haar 'n werklike dissipel van Jesus kan maak. Sy is alreeds besig om teenoor haar vriende te getuig wat besig is om met haar te gebeur.

15:33 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

24-11-07

November

  St.Truiden - Gemeentestigting

Dit is kosbaar om te ervaar hoe die Here dinge in plek bring wanneer dit volgens sy wil gebeur deur ons gehoorsaamheid. Dit is nou byna twee jaar wat die Here in ons harte werk om ‘n gemeente te stig in die stad St.Truiden. Ons het baie daaroor gebid. Ons het selfs by en in die stad gaan bid vir die openbaring van God se wil in die saak. Ons het die grondgebied van die stad geproklameer vir die Koninkryk, en die Here gevra vir ‘n strategie om die stad te evangeliseer en om die regte mense ons weg langs te bring om ons te ondersteun. Soos julle weet het ons aan die begin van 2007 begin met ‘n selgroep in die stad.

Vrydag aand die 23ste November het Madelaine en ek ‘n vergadering gehad met twee manne, Andrè en Renè, vanuit die omgewing van St.Truiden. Ons glo dat die Here die vergadering bewerkstellig het. Andre het ook al vir ‘n geruime tyd die begeerte gehad om met ‘n gemeente te begin maar het nie geweet hoe en waar om te begin nie. Iemand het eendag saam met hom gebid en gesê dat die Here binnekort iemand sal stuur om ‘n gemeente stig. Toe ek hom bel om ‘n afspraak te reël vir die 23ste was hy baie opgewonde en glo vas dat dit die antwoord is op sy gebed. Hy sê toe dat hy ook onlangs vir Renè ontmoet het wat ook die begeerte het dat daar ‘n gemeente in St.Truide gestig moet word. So het ons toe bymekaar uit gekom en ons glo almal dat dit die plan van die Here is vir ons en St.Truide.

St.Truiden 007 k
Links is Andrè, Mariette (Andrè se vrou) en Renè

Tydens die vergadering het ons van die geleentheid gebruik gemaak om mekaar beter te leer ken. Ons het ook onderneem om mekaar eers beter te leer ken voordat ons onsself aan mekaar gaan verbind in die verantwoordelikheid van `n gemeente. Sondag middag die 9de Desember het ons weer `n afspraak om `n koppie koffie saam te drink. Die bedoeling is dat ons ook die vrouens en kinders sal saambring  om mekaar beter te leer ken. Ons glo dat die nuwe gemeente in St.Truide van die begin af `n plek sal wees vir die hele familie. Waar elkeen sy plek sal vind en sy deel sy bydrae.

Ons het ook onderneem om van die begin af die fondamente reg te lê met Christus (Woord) as die hoeksteen. Die Here gee ons die genade daartoe om dit goed te doen, volgens sy voorskrifte.

14:01 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

19-11-07

November

  Werwing van studente vir die Prepare International Skool

Op 10 November 2007 het al die Pinkster kerke in Vlaandere saamgekom vir ‘n jaarlikse konferensie. Die konferensie duur die hele dag en gedurende die tyd word twee spesiale sprekers uitgenooi om die mense toe te spreek. Een van die sprekers is altyd van `n ander land, en die ander vanuit die Vlaamse geledere.

100_1916 k

Ons het van die geleentheid gebruik gemaak om reklame te maak vir die PI skole in België. Studente van die Gent en Lommel skole het die dag saamgewerk om pamflette uit te deel en met die mense te gesels oor die PI skole, met die doel om studente te werf.

100_1914 k

Ons het ook die afgelope naweek,16 - 17 November, Steve en Barbara Telzerow van Slovinië by ons gehad om onderrig te gee in die Lommel PI skool. Hulle is twee fantastiese mense wat die gesindheid en die liefde van Christus in hulle harte dra. Steve is `n kragtige leeraar en het werklik `n gawe om die Woord vir mense oop te breek sodat dit begryp kan word. Hy het ook die Sondag oggend in ons gemeente gespreek en baie harte aangeraak.

100_1925 k

12:10 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

15-11-07

November

Die verhaal van Diane en Dina 

Ons het gisteraand (Dinsdag 13 November)  weer 'n selgroep byeenkoms gehad by Diane se huis in St.Truiden. En wie daag daar op? Dina! Die vrou van wie ek gepraat het wat so 'n twee maande gelede ook by Diane se huis was. Sy en haar vriendin, Agnus, was die vorige keer saam daar gewees. Altwee kunstenaars en in 'n mate betrokke in die okkultisme. Dina se man (eintlik 'n vriend by wie sy woon) is die sogenaamde 'alternatiewe geneesheer' (heeler). Ons het lank gebid en die Here gevra om hulle weer ons weg langs te stuur. Want diep in my gees besef ek dat die Here iets besonders in hulle lewens wil doen. En toe gebeur dit!

Tydens ons gesprek met Dina gisteraand vertel sy dat sy 'n vreemde ervaring gehad het toe sy onderweg was na Diane se huis. Onderweg na die huis het sy brandstof ingegooi by 'n vulstasie. Terwyl sy brandstof ingooi ervaar sy 'n geweldige weerstand in haar om na Diane se huis te gaan. Sy sê dat dit 'n baie vreemde gevoel was, iets wat sy nog nooit in haar lewe ervaar het nie. Maar sy het beslis om die ervaring af te skud en na Diane se huis te ry. Toe sy dit vertel besef ons onmiddellik dat dit die demoniese magte was wat haar probeer verhinder het. Dit het net weer in my gees bevestig dat God wel 'n spesiale plan het vir haar lewe en dat die duiwel nie daarmee te vrede is nie.

Sy vertel ook dat sy 'n aantal maand gelede, voordat sy ons ontmoet het, 'n besondere droom gehad het. Sy droom dat sy op 'n groot vlakte staan en skielik is die lug gevul met duisende swart voëls. Dit was angs aanjaagend en sy het baie vrees ervaar. Toe sy dit nie verder kon verduur nie het sy hardop geroep "God help my!" Toe verander die voëls in wit, en sy kon die vrede en rus ervaar. Daarna het Diane met haar gedeel hoe God haar help in haar lewe. Maar sy het 'n afsku daarin gehad omdat sy gedink het dan Diane weer terug is by een of ander Katolieke kerk of organisasie. Die Katolieke kerk het juis veroorsaak dat Dina as jong dogter 'n afkeur gekry het in godsdiens soos dit aangebied was deur die RK kerk. Ek persoonlik glo dat die Here tydens die droom alreeds begin het om haar hart voor te bery vir wat nou besig is om te gebeur.

Tydens ons gesprek gisteraand kon ons weereens die teenwoordigheid van die Here op 'n besondere manier ervaar. Op 'n stadium vra ek of sy belangstel om met ons 'n pad te stap deur die Alpha kursus van agt weke te voltooi en sien waartoe die Here haar lei. Sy het onmiddellik geantwoord dat sy alles alreeds wil aanneem. Dat sy daarvan oortuig is dat dit die pad is wat sy moet bewandel. Ons het saam met haar gebid en die Here gevra vir 'n besondere beskerming oor haar lewe en dat die Heilige Gees haar sal oortuig van die kosbare Waarheid.

Ons volgende ontmoeting is volgende Dinsdag (20 November) en ons baie opgewonde om te sien hoe die Here haar lewe gaan verander. In die proses hoop ek om ook haar vriend wat die sogenaamde 'heeler' is te bereik.

Bid saam met ons vir Dina.

18:19 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

09-11-07

November

Die Here wil ons handewerk seën as getuienis van sy goedheid en guns.

Ongeveer agtien maande gelede het ons Diane ontmoet. Sy is `n onderwyseres van beroep en doen professionele skilderwerk as `n stokperdjie. Sy was onder andere betrokke in die okkultiese wêreld en was daardeur baie teleurgesteld en verward. Sy was opsoek na antwoorde vir haar lewe en sy het ons om hulp gevra. Ons het haar beraad en agter gekom dat sy `n baie traumatiese verlede gehad het. Sy is in haar middeljare en geskei van haar man na jare se ontkenning en verwerping deur hom en sy familie. Haar enigste dogter is deur haar skoonfamilie van haar vervreemd en vir `n groot gedeelte van haar lewe deur hulle opgevoed. Dit het meegebring dat Diane nooit ‘n goeie verhouding met haar dogter gehad het nie.

Junie 2006 het Diane die Here aangeneem en is sy gedoop. Stelselmatig het die Here haar vrygemaak van haar verlede en kon ons sien hoe sy verander en in `n dieper verhouding met Hom raak. Ons het saam met haar gebid dat die Here die gebroke verhouding tussen haar en haar dogter sal herstel. Ondertussen het die Here begin met `n proses van herstel en is dit besig om beter te word.

Begin van die jaar (2007) het ons by haar huis in St.Truiden begin met `n selgroep. Ons het toegelaat dat daar vrae gevra word en dan het ons die Woord gebruik om antwoorde te vind. Vir ons is dit kosbaar om te sien hoe sy die prinsipes uit die Woord aanneem en dit probeer toepas in haar lewe. Sommige met sukses, andere met faal en opstaan.

Onder andere het sy eendag aan ons gevra of sy aan die Here mag vra om haar skilderwerk te seën. Sy wil graag `n sukses daarvan maak deur die geleentheid te kry om haar skilderye uit te stal in bekende galerye. Ons het aan haar verduidelik dat dit die wil van die Here is om sy kinders te seën met die talente wat Hy aan hulle gegee het. Ons het saam met haar gebid en die Here gevra om haar meer kreatief te maak en haar handewerk te seën, en deure vir haar oop te maak om haar skilderye te bemark. Sy het die gebed in geloof aanvaar en die Here vertrou.

Julie 2007 het sy `n aanbod gekry om `n klein galery in `n bekende dorp aan die Belgiese kus te huur vir die hele maand. Sy was `n bietjie onseker want dit sou haar ongeveer R30 000.00 kos vir die periode. Ons het haar aangemoedig om die Here te vertrou in die saak, en sy het dit gedoen. In die maand het sy genoeg skilderye verkoop om al die kostes te dek en nog wins te maak. Ook het sy in die proses `n uitnodiging gekry van mense wat jaarliks ‘n groot uitstalling hou van al die bekende kunstenaars in wes Europa, om haar kunswerke uit te stal gedurende September 2007. Sy het dit toe gedoen en bo haar verwagting het haar werk vierde prys behaal in haar kategorie.

Wat ook kosbaar is aangaande die hele saak is dat sy skielik begin uitstyg het onder haar kunstenaars vriendekring. Hulle het geweet dat sy haar tot die christelike geloof bekeer het en kon waarneem dat sy ten goede verander het en hoe sy skielik na twintig jaar `n sukses begin maak van haar skilderwerk. Dit het meegebring dat hulle vrae begin vra het. En waar Diane die geleentheid kry getuig sy dat die Here haar help om sukses te behaal.

In September het sy twee van haar kunstenaars vriendinne uitgenooi na `n selgroep byeenkoms. Hulle is ook altwee in `n mate betrokke in die okkultisme. Hulle het die aand baie vrae gevra en die Here het ons die wysheid gegee om goeie antwoorde te kon gee. Ons kon voel dat die Gees van die Here in ons midde was en ons kon waarneem hoe Hy in hulle harte gewerk het tot oortuiging.

Ondertussen was ons weg gewees vir drie weke en hoop ons om hulle binnekort weer te ontmoet. Ons glo dat die Here met `n proses begin het in hulle lewens, en ons glo dat Hy dit tot `n goeie einde sal bring.

Bid saam met ons vir Diane dat die Here haar nog kragtig sal gebruik as `n getuienis van sy liefde en goedheid. Ook dat haar twee vriendinne die Here sal aanneem en dat dit `n rippel effek sal hê in die korrupte kunstenaars wêreld van België en Europa.

Die een vriendin (Dina) se man is `n sogenaamde “heeler” in die okkultiese wêreld. Hy vra veertig euro per besoek, en die feit is dat sommige mense wel genesing ervaar. Ons vertrou die Here dat ons hom ook binnekort kan ontmoet om Waarheid aan hom bekend te stel. Bid ook saam met ons vir die redding van die man se siel.

Dit is nie dat die mense opsetlik betrokke is in die okkultisme nie. Dit is die wêreld wat hulle ontdek in hulle soeke na `n god. En hier is min mense wat die Weg, die Waarheid en die Lewe aan die mense kan voorhou as `n keuse.

Dankie vir julle ondersteuning in die saak.

15:46 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

Oktober

Besoek aan die VSA 

Ons is weer terug in België na ons besoek aan Amerika. Op die huidige oomblik is ons besig om te ‘herstel’ na al die vlieg en rondry van die afgelope drie weke. Ook is dit weer `n aanpassing hier in ‘donker’ België na al die heerlike sonskyn van California en Texas. Maar nogtans is ons positief oor die toekoms. 

Soos julle weet het ons die 8ste Oktober van hier vertrek na Los Angeles. Jacques, my swaer wat in California woon, het ons op die lughawe ontmoet en ons het drie heerlike dae saam met hom gespandeer terwyl my suster Salome en Nederland was. Hy het `n week verlof gehad en ons so `n bietjie bederf. Onder andere het hy ons na die Universal Studios in Los Angeles geneem waar ons `n hele dag spandeer het. Dit was `n heerlike en baie positiewe ervaring gewees. Iets om nie gou te vergeet nie. Ook was ons in Malibu gewees net voor dat die groot brande daar uitgebreek het.

 
VSA 2007 008 k      VSA 2007 052 k
 Vrydag die 12de het Jacques sy ‘bakkie’ aan ons geleen om na Lubbock, Texas te ry. - Die ‘bakkie’ is eintlik `n baie luukse Toyota Tundra met `n V8 enjin. - Die afstand na Lubbock is ongeveer 1800 km en het ons twee dae geneem om af te lê. Dit was 20 ure op die pad. Onderweg daarheen het ons in Albuquerque, New Mixo oorgeslaap. Op pad terug van Lubbock het ons vir twee aande in Flagstaff, Arizona oornag. Dit is ‘n dorp naby die suidelike eskarp van die Grand Canyon. Ons het een dag gespandeer om die pragtige Canyon te ontdek. Dit is `n plek wat ek vir baie jare begeer het om te besoek en dit was deur en deur die moeite werd gewees om die groot natuurwonder te kon sien. 
VSA 2007 176 k     VSA 2007 191 k
In Lubbock het ons op uitnodiging van Prepare International (PI)`n konferensie van Summit Ministries International (SMI) bygewoon. SMI is `n netwerk van kerke en organisasies wat almal `n belang het in wêreld evangelisasie. Dit was vir ons verrykend en bemoedigend gewees om te sien hoeveel passie die mense het om die Goeie Nuus aan die wêreld te verkondig, meer spesifiek in Europa, en wat hulle bereid is om te gee. Ons het ook ander kerkleiers vanuit Tjegië, Indië, Burundi, Engeland, ens. daar ontmoet. Na ons terugkeer van Texas en die Grand Canyon was ons deur die goedgunstigheid van Jacques en Salome vir vyf dae aan die suidkus (Capistrano Beach) van California gewees. Sondag die 21ste Oktober toe ons onderweg was na Capistrano het die groot brande in suid California uitgebreek in die omgewing. Sien die foto regs wat uit die voertuig geneem is van al die rook. Dit was `n tragiese gebeurtenis. Meer as 1400 huis het afgebrand, twaalf mens eis dood en byna `n miljoen mense moes op `n gegewe oomblik uit die omgewing ontruim word. Maar afgesien van al die rook het ons `n heerlike tyd aan die kus gehad. Ons het somerse temperature van tot 30˚C ervaar. Die foto links toon hoe oranje die hele atmosfeer was van die rook. 
VSA 2007 239     VSA 2007 284 k
Ons het ook van die tyd in Amerika gebruik gemaak om oor ons toekoms te besin. Alhoewel dit nie altyd maklik is om duidelike antwoorde te kry wat die toekoms aanbetref nie, het ons oor een saak duidelikheid gekry. Ongeveer twee maande gelede het ons `n aanbod gekry om `n gemeente te lei in `n dorp net noord van Toronto, Kanada. Dit was baie aantreklik omdat dit baie sekuriteit vir ons sou bied. Onder andere sluit die aanbod `n salaris en behuising in. En natuurlik ook die avontuur om `n nuwe land en kultuur te ontdek. Maar die Here het dit aan ons duidelik gemaak en weereens bevestig dat dit nie die weg is wat ons sal gaan nie. Dit is vir ons `n uitgemaakte saak dat ons nog langtermyn in Europa sal wees.  Ons is die Here dankbaar vir die tydjie in Amerika. Ook is ons Salome en Jacques, en ook Prepare International dankbaar wat dit vir ons moontlik gemaak het om na die VSA te kon gaan. 

15:25 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

07-08-07

Julie

‘Retreat’ in Oostenryk saam met Prepare International

 

Gedurende die periode 25 tot 29 Julie 2007 het al die leiers van Prepare International (PI) skole in Europa, saam met hul familie, ‘n vier dae ‘retreat’ in Oostenryk gehad met die direkteure van PI en hul familie.

 

Gesellig saam

Ons was ongeveer 90 mense, kinders ingesluit, wat in drie verskillende hotelle tuis gegaan het in die dorpie St.Leonard. Die dorpie is geleë tussen die groot Alpe berge in die pragtige Pitztal vallei.

 

Pitztal Vallei

Die doel van die ‘retreat’ was om die leiers van verskeie Europese lande saam te bring om mekaar te ontmoet, beter te leer ken en om verhoudings te bou. Ook was dit die doel van PI om almal wat uitgenooi was `n bietjie te bederf. Al die finansiële uitgawes van die vier dae is gedek deur `n gemeente in Lubbock, Texas.

 

Hotel in St.Leonard

Die primêre doel van PI is om internasionale verhoudings te bou d.m.v. vriendskap. Dan volg die sekondêre dinge soos opleiding, toerusting, ens. Tydens die ‘retreat’ het hulle weereens hul motto waar gemaak. Pragtige vriendskappe is gesmee tussen mense vanuit Kroasië, België, Slovenië, Tjegië, Slovakia, en die VSA - vergeet die Suid-Afrikaners nie.

 

Bid vir die kerkleiers van die verskillende lande, veral vir Kroasië. Die kerk in Kroasië is nog jonk en sukkel om deurbrake te maak.

13:45 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

04-07-07

Julie

Gebed in St.Truiden

 

Op 4 Julie 2007 het ek (Conley) saam met Austin en Dirk in St.Truiden vir die stad gebid. Ons het bo op ‘n toring, in die hartjie van die stad gaan bid. Die toring is deel van ‘n ou abdy wat in die jaar 645 gebou is. Ja, jy lees reg, 645 jaar na Christus. Danksy die abdy het die stad van St.Truiden sy ontstaan.

 

St.Truiden 019-k

Ons het ook voor ‘n sogenaamde “new age” winkel gaan bid. Die winkel verkoop allerlei okkultiese beeldjies, hangers, simbole, ens. Ook is dit ‘n vergaderplek vir die moderne hekse van die stad. In die winkel word kursusse aangebied aan hekse en ander okkultiese sake.

 

Dirk is ‘n Vlaming en woon naby St.Truiden. Austin kom uit Nigerië en woon in Brussels. Austin is ‘n kragtige bidder en het ‘n mooi getuienis van hoe die Here hom gebruik het in Nigerië. Sal later meer oor hom skryf.

 

St.Truiden 022-k

Ons het gebid vir al die siele van St.Truiden. Ons het die Here gevra dat elke inwoner die kans mag hê om die Waarheid te hoor. Ook het ons die Here gevra om ons ‘n strategie te gee om die stad effektief te evangeliseer.

 

Bid saam met ons vir die pragtige stad en al sy 38000 inwoners.

18:37 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

01-07-07

Junie

Gebedsmars in Brussels

 

Op Saterdag 30 Junie het meer as `n duisend christene in Brussels bymekaar gekom vir `n jaarlikse gebedsmars. Die optog het plaasgevind vanaf die justisie geboue tot by die Muntplein in die hartjie van Brussels. Dit is `n roete van ongeveer vyf kilometer deur die middestad van Brussels. Op die roete het ons by nog twee belangrike plekke langs gegaan om te bid. 

Gebedsmars 2007 102 - k

Tydens die optog het die mense gebid vir die bevolking van België en van Europa. Hulle het baniere gedra, vlae rond geswaai, bekende lofliedere gesing en op tromme geslaan om die aandag van die publiek te trek.

 

Aan die eindpunt was daar verskeie gospel sanggroepe, orkeste en kore gewees wat musiek gemaak het en gesing het. Verskeie kerkleiers het die geleentheid gehad om kragtige gebede te bid. Ons vertrou die Here vir die resultaat van die gebede wat gebid is.

                        

Gebedsmars 2007 094 - k

 Bid saam met ons vir België! Dit is `n klein maar `n baie belangrike land binne die Europese Unie. Brussels is die hoofstad van België en van die EU. Hier word baie belangrike besluit gemaak wat groot invloed het op Europa en ook op die res van die wêreld.

22:01 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

28-06-07

Junie

Die stad Aarschot

 

Twee Egiptenare wat verlede jaar tot bekering gekom het onder `n ander bediening, en eienaars is van `n restourant  in Aarschot, het onlangs begin met `n biduur in die restourant. Die bedoeling is om twee keer per maand op `n Maandag aand bymekaar te kom om te bid vir die stad, en te sien waarheen die Here dit lei. 

Aarschot 008

Meer en meer mense wat in Aarschot woon word bewus van `n geestelike verskuiwing, in `n positiewe sin. Hulle sê dat dit makliker is om te bid as vroeër, en dat hulle die Woord beter begryp. Maar self sien ons ook hoe mense die Here vind. God is besig om ons gebede te beantwoord en dit maak ons opgewonde om die resultaat te sien. Ons vertrou die Here vir groot deurbrake.

 

Daniël was by die kommissaris van die Aarschotse polisie gewees en aan hom gesê dat ons as gemeente vir hom en die polisiemag bid. Die kommissaris was eers baie verbaas en half skepties gewees om dit te hoor. Maar tog het sy gesindheid verander en aan die einde van die gesprek het hy `n paar onderwerpe gegee waarvoor ons as gemeente kan bid. Ons vertrou die Here vir goeie resultate op die versoek sodat die kommissaris sal weet dat daar `n lewende God is wat gebed beantwoord.

 

16:20 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

18-06-07

Junie

Welkome besoek vanuit Suid-Afrika

 

Joey 015 - k

My oudste suster, Joey, het vir ons in België kom kuier. Vir ons was dit ‘n groot voorreg om haar hier te ontvang. Ons besef dat dit vir familie en vriende ‘n groot uitgawe is om so ver met ‘n vliegtuig te reis om vir ons te kom kuier. Daarom des te meer waardeer ons dit so geweldig baie.

 

Ons het die tien dae wat sy hier was baie geniet saam met haar. Ons het België letterlik deurkruis. Van Maredsous in die suide na Nederland in die noorde. En van Monschau (Duitsland) in die ooste na Brugge in die weste. Ons was baie besig en soms `n bietjie moeg, maar dit was alles die moeite werd gewees.

 

Ons kyk uit na die volgende besoek van familie of vriende!

15:13 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

04-06-07

Junie

NLCG doop nuwe bekeerlinge

Op Sondag 3 Junie 2007 het ons die voorreg gehad om vier nuwe bekeerlinge te doop. Jan en Nicole is soos meeste mense in België Roomskatoliek opgevoed.  

                DSC00557 NicoleDSC00564 Jan

Verlede jaar is hulle deur vriende uitgenooi na een van ons selgroepe in Aarschot wat `n Alpha kursus aangebied het. Tydens die kursus het hulle hul harte aan die Here gegee, en vanaf Desember 2006 het hulle na ons kerk toe gekom. Die Gees van die Here het `n wonderlike werk  in hulle lewens gedoen, en op grond daarvan het hulle besluit om hulle te laat doop.

DSC00572 Chris

Chris het vir byna twee jaar getrou elke diens van NLCG bygewoon. Hy het ook onlangs die Alpha kursus voltooi en sy hart volledig aan die Here gegee. Hy is ook `n musikant en ondertussen het hy deel geword van die musiekspan.

DSC00581 Pascal

Pascal is lid van die selgroep in die stad Hasselt. Onder leiding van Bert en Evelien het hy ook onlangs sy hart aan die Here gegee. Dit was Bert se voorreg om Pascal te doop.

 

Die dopeling was nie skaam oor die stap wat hulle onderneem het nie en het hulle onbekeerde familie en vriende uitgenooi. Ongeveer vyftien besoekers – almal onbekeer -  was teenwoordig vir die doopdiens. Vir sommige was dit iets baie besonder gewees en wil graag na die gemeente toe terugkom.

 

Ons vertrou die Here om nog `n doopdiens te hê in die nabye toekoms.

17:22 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

Junie

Grondgebied van St.Truiden geproklameer vir die Koninkryk.

Vrydag 1 Junie 2007 het die selgroep van St.Truiden die grondgebied van die stad St.Truiden geproklameer vir die Koninkryk van Jesus Christus. Soos `n mens enige grondgebied afbaken deur penne in die grond te kap, so het ons fisies penne ingekap op die vier hoeke van die stad. Dirk en Diane, twee inwoners van die stad, het ons gehelp om die penne in die grond te kap.

St.Truiden 008 - klSt.Truiden 010 - klSt.Truiden 014 - kl

            Dirk                                  Diane                          Conley

Op die vier staal penne het ons “Psalm 85:9 -13” gegraveer.  Dit is wat ons die Here vra vir die grondgebied van St.Truiden. Die klem lê op vers 12: Die Here sal voorspoed skenk en ons land sal sy oes gee.” Deur die manifestasie vertrou ons dat die Here ons sal help sodat die stad sy siele oes sal gee.

`n Maand gelede het ons `n gebedspan vanuit Amerika gehad wie saam met ons op die vier hoeke van die stad gaan bid het om sodoende die grondgebied vir proklamasie voor te berei.

Op die stadium bid ons vir strategie, hoe om te werk te gaan om die stad te evangeliseer. Ons het `n paar idees maar die Here moet ons help om die regte metode te gebruik, sodat ons effektief kan evangeliseer, sodoende die 35 000 inwoners te bereik vir sy Koninkryk.

St.Truiden 015 - kl

Die selgroep wat verantwoordelik is vir St.Truiden

16:41 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

19-05-07

Mei

22 Mei – Ses jaar in België

belregions2001x

22 Mei is ons presies ses jaar hier in België. Ongelooflik! Kan dit byna nie glo nie! Ses jaar van lewens verandering en ervaring wat geen geld kan koop nie. Sal ons die ses jaar herhaal? Miskien wil ek vir die oomblik nie graag die vraag beantwoord nie. Maar een ding is seker; ons het beter geword. Ons verstaan dinge beter aangaande God en ons eie geloof in Jesus Christus. Ons persoonlike lewens het verander, ten goede en tot voordeel van die algemene samelewing. Ons het geleer dat ons geloof in Jesus Christus nie gaan oor ons eie egoïstiese lewenstryd, oorlewing en verlanges nie, maar dit gaan oor die heil van die mens rondom ons oor die algemeen. Nou dat ons begin om die beginsel te begryp en ons onsself vir ander gee, word onsself beter daarvan. Na ses jaar kan ons vanuit ons eie ondervinding sê dat God goed is en dat al sy beloftes vir ons waar is. Hy het nie gesê dat ons sonder stryd sal wees nie, maar Hy het wel belowe dat ons beter mense sal word wat 'n aanwins sal wees vir die mensheid oor die algemeen, vir sy Koninkryk spesifiek.
 
Ons het meer bewus geword van die potensiaal in ons, die Christus in ons. Ek lees vanoggend 1Petrus 2:21 Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. Die feit dat ons Christus kan word vir ander mense het meer 'n werklikheid geword. Maar die weg wat ons moet volg is ook die weg wat Hy gevolg het. Dit is nie maklik nie, maar verseker is dit moontlik, omdat Hy ons sy Gees gegee het. En bo dit alles is dit 'n weg van krag en oorwinning.
 
Ook na ses jaar kan ons getuig dat die Here ons nog nooit in die steek gelaat het nie. Soos julle weet is ons finansieel volledig afhanklik van die voorsienigheid van God deur mense heen. Nog nooit het ons in die ses jaar werklik 'n tekort gehad nie. Ook nie oorvloed nie, maar dit is juis die uitdaging. Ons leef van maand tot maand in volle geloof en vertroue. Dit is soms 'n biejtie 'angswekkend', maar dit werk elke keer. Soms het ons groot uitgawes waarvoor ons nie kan spaar nie, maar elke keer as die uitgawe daar is dan word die geld op een of ander wonderbaarlike manier voorsien. Vir ons is dit werklik nie meer 'n kwessie van; sal God voorsien? Dit het 'n kwessie geword van; hoe gaan God voorsien? Ons is die Here so dankbaar vir die ondervinding. Dit was vir ons goed gewees om Sy vrede te mag vind in hierdie saak. Ons het nooit voorheen besef hoe kragtig die 'gees' van geld in ons geheers het nie. Al was ons vrygewig gewees, nogtans was ons verkeerd afhanklik gewees van geld. Nou kan ons vir die eertse keer met vrymoedigheid sê dat die Here ons voorsiener is, en dat geld aanvullend is tot ons lewens, en nie aanduidend nie.
 
Maar ek moet sê dat dit baie moeiliker sou gewees het as ons nie kosbare familie en vriende gehad het wat ons altyd bygestaan en ondersteun het nie. Dankie vir al julle ondersteuning aan ons en ons bediening. Julle ondersteuning, liefde en julle geloof in ons roeping het dit vir ons moontlik gemaak om hier te kan wees, en hier te kan bly, ondanks al die die beproewinge. Ons dank die Here elke dag vir ons familie en goeie vriende soos julle.
 
Hoe lank ons nog hier gaan wees weet ons nie. Nog minder weet ons wat die dag van more inhou. Dikwils vra ons die Here om ons toekoms aan ons te toon, maar dit gebeur nie. Maar tog gaan ons die toekoms in met sekerheid. Elke dag doen ons dit wat ons hande vind om te doen met die wete dat dit die wil van God is. Weereens nie altyd gemaklik nie maar tog opwindend.
 
Nogmaals dankie vir julle ondersteuning. Mag die Here wat so getrou is, elke dag julle lewens vervul met LEWE. En mag die LEWE uit julle innerlike mens vloei soos 'n fontein van lewende water, tot lafenis van andere. Dit is tog waaroor dit alles gaan!

16:09 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

15-05-07

Mei

Prepare International Skool – 11 & 12 Mei 2007

 

Weereens het ons ‘n baie suksesvolle naweekskool gehad saam met PI. Randy Boyd het die lering gegee. Soos gewoonlik is hy ‘n baie geseënde en geïnspireerde spreker. Die tema van die kursus was Goddelike Kommunikasie.

 PI May 2007 001

Vir die meeste van die dertig studente was dit nie ‘n onbekende tema gewees nie. Maar vir almal was die lering verrykend en openbarend gewees. Die feit dat almal nou ‘n beter begrip het van hoe God met ons kommunikeer, glo ek dat dit ook  noodwendige groei sal meebring in die persoonlike verhouding met God. En uit die aard van die saak behoort dit te lei tot meer geestelike volwassenheid. Ons is die Here dankbaar omdat ons alreeds geestelike groei kan waarneem onder die studente. Ook hulle getuienisse is bevestigend van die groei.

 

Binne kort wil ons die studente in praktyk leer hoe om gemeentes te stig. Ons glo dat elke student ‘n potensiële gemeente is. Ons sal die stad St.Truiden gebruik as ‘n voorbeeld hoe om ‘n gemeente te stig.

 

Bid en vertrou saam met ons dat die St.Truiden projek ‘n sukses sal wees, en dat dit motiverend vir die studente sal wees om nog meer gemeentes te stig. België het dit dringend nodig.

 

 

 

14:09 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

02-05-07

 April

Nieuw Leven Christen Gemeente (NLCG)

Gemeente groei

Nog steeds is die Here besig om mense tot die gemeente te voeg. Dit is nie groot getalle nie maar persentasie gewys is dit heel besonder.

Melanie is een van die nuwe toevoegings tot die gemeente.

NLCG 047 klein

 Weereens ’n siel wat die Here leer ken het d.m.v. die nuwe bekeerlinge. Die Here is kragtig besig om haar lewe te verander.

 

Daniël en Martine Hakelbracht

1 April 2007 is Daniël en Martine deur past. Andre Lottering ingeseën as herders van NLCG. Hulle is twee egte Vlaminge. Gebore in die stad Aarschot is hulle uit die aard van die saak die ideale egpaar om die lokale mense te lei.     

NLCG 044 klein

Ons glo dat Daniël en Martine die wil en die vermoë het om die gemeente te lei volgens die wil van die Here. Bid vir die twee mense. Hulle is mense wat Gees gedrewe is en wat uitstyg bo hulle tydgenote. Daniël se verlange is om in die toekoms voltyds vir die Here te werk. Op die oomblik is dit nog moeilik omdat hy nie finansieel daartoe instaat is nie. Die gemeente is op die stadium ook nie daartoe instaat om hom finansieel te steun dra nie.

 

Selgroepleiers

Ook Bert en Evelien is op 1 April 2007 ingeseën as selgroepleiers. Hulle is verantwoordelik vir ’n selgroep in die stad Hasselt. Hulle doel is om die lokale selgroep na die toekoms te lei tot ’n volwaardige gemeente. Hulle het ’n passie vir Jesus en sy volgelinge. Tans ondergaan hulle ook opleiding as leiers d.m.v. die Prepare International kursusse.

NLCG 046 klein

Bid ook vir die twee mense. Hulle soort is nie volop in België nie.

 

NLCG Gemeentekamp

Ons as gemeente het tydens die naweek van die 13-15 April ons jaarlikse gemeentekamp gehad in die suid-weste van België. Ons was vier en twintig mense gewees – sien groepfoto links -  en ons het werklik ’n baie geseënde en ontspanne tyd gehad. Die weer was fantastiese. 30˚C Met heerlike sonskyn. Uitsonderlik vir die maand van April.

KONTAK ONS

 

Pos:

Verbroederingstraat 9 bus 1

3013 Wilsele

België

 

Tel:

+32(0)16487346

 

e-pos:

eurosend@skynet.be

 

Web:

www.eurosend.be

 

Blog:

http://eurosend.skynetblogs.be/

 

Gemeentenkamp 2007

Dit was ’n tyd vir die gemeentelede om mekaar beter te leer ken d.m.v. ontspannende aktiwiteite, en geestelike opbou d.m.v. lering en gebed.

Vir ’n paar nuwe bekeerlinge was dit ’n geweldige positiewe ervaring. Hulle was besonder bewus gewees van die liefde van die Here onder mekaar. Ook die aanvaarding van mekaar, ongeag die persoon of agtergrond. Aan die etenstafel – foto regs.

09:39 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |

01-05-07

April

Besoek van PI gebedspan aan België

 

 

Vanaf die 23ste tot en met die 30ste April 2007 het ons ‘n besoek gehad van ‘n gebedspan vanuit Amerika. Hulle is deel van verskeie gebedspanne wat jaarliks deur PREPARE INTERNATIONAL (PI) uitgestuur word na Europa. Die gebedspanne bestaan uit gewone mense wat ‘n passie het vir die Koninkryk van Christus in Europa. Alle onkostes -  vliegtuigkaartjies, verblyf, ens. -  moes hulle self dra. Ons het `n groot waardering vir die opoffering wat die mense doen om ons hier te kom help.

Prayer Team 004 - klein

Die span wat ons besoek het, het bestaan uit vier lede, Harvey, Cathrine, Wesley en Kevin. Harvey en Cathrine is die ouers van Randy Boyd, die direkteur van PI. Harvey het ‘n spesiale gawe van genesing, en oral waar ons heen gegaan het, het hy van die geleentheid gebruik gemaak om vir die siekes te bid.

 

 

Ons het onder andere Brussel, Heppen, Aarschot, Hasselt, St.Truiden, Ronse, Ellezelles en Gent besoek. Almal strategiese stede waar by ons op een of ander manier betrokke geraak het d.m.v. vriendskap, opleiding, gebed, evangelisasie en/of gemeentestigting. In meeste van die stede het ons gebid by plekke wat geestelike invloed het op die mense van die stad.

 

Wat die afgelope week vir my persoonlik uitstaande plekke was is die stede Ellezelle en Gent. Die rede is dat beide stede aktief besig is in die okkultisme deur openlik propaganda te maak vir die Duiwel.

 

Die burgemeester van Ellezelle het openlik verklaar dat die stad aan die Duiwel behoort . Op die plein van die stad, voor die kerk, is `n afbeelding van die Duiwel wat hekse en gewone burgers lei. Aan die bokant van die afbeelding is daar ook `n fontein waar `n heks staan en die water sogenaamd “seën” – sien foto benede. In die stad is `n ses kilometer wandelroete waar die wandelaars ses verskillend plekke van duiwel aanbidding kan besoek. Op 30 Junie 2007 word die Duiwelse sabbat gevier. Dit is `n groot feesdag en dan word al wat `n heks en ander demoniese figure uitgenooi om dit op die plein voor die RK kerk te vier. Sien die webtuiste www.ellezelle.be

 

Prayer Team 040 - klein

Ons weet nog altyd dat die stad Gent `n stad is wat aan die Vrymesselaars behoort, `n baie sterk humanistiese denkwyse. Maar die afgelope besoek het ons tot die ontnugtering gekom dat die stadsbestuur besig is met `n program om die stad aan die wêreld bekend te stel as die stad van die duiwel. Blykbaar word dit gedoen om toeriste te trek. 2007 Is die jaar van “Heks en Vuur”. 2009 Word die “Duiwelsboek” bekendgestel. 2010 Word die duiwel gepropageer d.m.v. van media, skilderye op mure, beelde, en `n Duiwels plein word bekend gestel. 2015 Word die Duiwelmuseum geopen. En 2020 word die Duiwels toring en beeld onthul. Sien webtuiste www.gentduivel.be .

Die bogenoemde is wel negatief, maar nogtans verbly dit my hart. Ek Prayer Team 102 - kleinglo dat hoe meer sigbaar die dinge word hoe meer sal die Here krag gee aan sy Kerk om weerstand te bied.

 

Links is `n foto van die gebou waaruit die “Duiwel” projek bestuur word.

 

 

Die stede Hasselt en St.Truiden was vir ons ook `n baie positiewe ervaring. Ons het daar gaan bid met die doel om die grondgebied van die stede op te eis vir die Koninkryk, met die doel om gemeentes te stig. Terwyl ons daar gebid het, het ons almal `n gevoel van verligting gehad in ons gees. Ek glo dat die Prayer Team 096 - kleinHere kragtig in die twee stede gaan werk d.m.v. nuwe gemeentes.

 

Op die foto links is ons besig om te bid op een van die vier hoeke van die stad St.Truiden.

 

 

Bid saam met ons dat die Here ons wysheid sal gee om effektief gemeentes te stig in Hasselt en St.Truiden. Ons vra ook aan die Here om die arbeiders te stuur om die kerk in België te help.

 

Bid ook saam met ons vir die stede Gent en Ellezelle. Ons vra die Here dat hy `n gees van verwarring sal stuur onder die mense wat verantwoordelik is vir die Duiwelse projekte in die stede. Ons bid ook dat die plaaslike kerke in die stede sal groei en kragtig gevul sal word met die Heilige Gees om sodoende die evangelie kragtig te verkondig en daardeur die vyand te verslaan.

18:49 Gepost door Christianity Permalink | Commentaren (0) | Email dit |  Facebook |